Maatskaplike verantwoordelikheid

Maatskaplike verantwoordelikheid is 'n etiese raamwerk wat impliseer dat 'n entiteit, of dit 'n organisasie of 'n individu is, 'n verpligting het om tot voordeel vir die samelewing oor die algemeen op te tree. Maatskaplike verantwoordelikheid is elke individu se taak sodat 'n balans tussen die ekonomie en ekosisteme gehandhaaf word. 'n Kompromis mag tussen ekonomiese ontwikkeling, in materiële opsig, en die welsyn van die samelewing en die omgewing bestaan,[1] alhoewel dit deur baie verslae oor die afgelope dekade bevraagteken is.[2][3] Maatskaplike verantwoordelikheid beteken om 'n balans tussen die twee te handhaaf. Dit het betrekking op nie net sake-instellings alleen nie, maar ook op almal wie se handelings 'n uitwerking op die omgewing het.[4] Hierdie verantwoordelikheid kan passief wees, deur nie by aktiwiteite betrokke te raak wat skade aan die samelewing kan berokken nie, of dit kan aktief wees, deur aktiwiteite wat maatskaplike doelwitte bevorder.

Besighede kan etiese besluitneming gebruik om hulle te beveilig, deur besluite te neem wat dit moontlik maak vir staatsliggame om hulle betrokkenheid by die korporasie te verminder.[5] Byvoorbeeld, indien 'n maatskappy die omgewingsbewaringsagentskap van die Verenigde State ((OBA) se riglyne vir die vrylating van gevaarlike besoedelstowwe volg en selfs een stap verder gaan en betrokke raak by die gemeenskap en die kwessies wat hulle mag hê aanroer, sal daar minder kans wees dat die OBA hulle vir omgewingskwessies mag ondersoek.[6] 'n Beduidende beginsel van huidige denkwyses oor privaatheid beklemtoon egter "selfregulering" eerder as mark- of staatsmeganismes vir die beskerming van persoonlike inligting.[7] Volgens sekere kenners word die meeste reëls en regulasies deur openbare protes gevorm, wat winsmaksimalisering bedreig en sodoende die welstand van die aandeelhouer, en indien daar geen protes is nie sal daar dikwels beperkte regulering wees.[8]

Sekere kritici voer aan dat korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) die fundamentele ekonomiese rol van besighede verwar; ander voer aan dat dit niks meer as oppervlakkige oëverblindery of onregmatige toe-eiening van omgewingsbetrokkenheid is nie;[9] ander voer aan dat dit 'n poging is om die rol van regerings as waghond oor invloedryke korporasies voor te spring alhoewel daar geen stelselmatige bewys is om hierdie kritiek te ondersteun nie. 'n Aansienlike getal studies het geen negatiewe invloed op resultate van aandeelhouers van KMV getoon nie, maar eerder 'n effens negatiewe korrelasie met verbeterde opbrengste van aandeelhouers.[10] Sommige studies het sterk positiewe korrelasies tussen 'n KMV-tipe verbintenis tot volhoubaarheid en maatskappyprestasie op die langtermyn getoon.[verwysing benodig]

  1. Palmer, Karen (1 September 1995).
  2. Preston, Lee E (1 December 1997).
  3. Emerson, Jed.
  4. Perceptions and Definitions of Social Responsibility http://inni.pacinst.org/inni/corporate_social_responsibility/standards_definitions.pdf Geargiveer 17 Februarie 2020 op Wayback Machine, p.1.
  5. Kaliski, 2001
  6. Kali-ski, B. (Ed.).
  7. Swire, 1997
  8. J. Scott Armstrong (1977).
  9. Alejos Góngora, Claudia Lucía (2013).
  10. Carpenter, M., Bauer, T. & Eiderdown, B. (2010).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search